2017-04-16 - Paassondag - Dominee Dr Christian Nottmeier

Ander vertalings van die preek:


Preekteks: Mat 28, 1-10

Liewe gemeente!

 

Dit verg moed  om in hierdie wêreld en hierdie land Paasfees te vier. ‘n Oorwinning van lewe oor dood, van hoop oor berusting en frustrasie. Maar daar is heelwat selle waarin ons onsself  en ander insluit, insorteer. Daar is ‘n hele paar stene wat nog weggerol moet word, sodat die lig ons werklik kan bereik.

  

Weliswaar, sal diegene wat noukeurig na buite kyk,  ook in die Paasverhaal die smart van hierdie wêreld sien. Hy sien die teleurstelling van die vroue, wat die oggend na die graf gekom het, hy sien hulle ontsteltenis, hulle  vrees en hulle angs. Dit wil voorkom asof hulle so vasgevang is, dat hulle die blye tyding wat alreeds een maal, naamlik Kersfees, weerklink het, nie kon hoor nie. Tot so ʼn mate trek hulle smart, trek die elende en die sorge rondom hulle wêreld hulle af.

 

So vertel Mattheus  dit ook in sy Paasverhaal. Hy vertel egter ook, hoe – vir eers skaars opmerklik en waarneembaar – ʼn ander werklikheid, God se werklikheid, in die doodsgetekende wêreld, inbreek.  Daar is die vroue  wat graf toe gekom het toe die oggend aanbreek. Daar is die wagters, wat mens gewerf het, om die graf te bewaak. Want die dooie moet ook werklik dood bly.

 

En daar breek in hierdie  geheel werklike, voorstelbare wêreld, wat ook ons wêreld is, ‘n ander werklikheid aan. Die inbreek van die hemel.  Moenie vrees nie. Hy is nie hier nie. Hy het opgestaan, soos hy gesê het. Die oggend breek aan. Die grafwagters weet niks nie. Slegs die vrouens, die tot die dood treurend, verlate vroue, skemer  dit deur in die vroeë oggendure.  Hulle begin om in die oggendskemer, die oggendglans van die ewigheid waar te neem. Maar dit neem tyd tot die vrees oorwin is, tot die verbasing oorkom word. Tot hulle ʼn nuwe  perspektief op hulleself en die wêreld bekom. Heel geleidelik moet hulle begryp wat daar gebeur het.

 

En dan, dan kom nog ‘n maal beweging in die Paasverhaal, wat Mattheus vanaf die begin baie meer dramaties as wat die ander Evangeliste vertel. Julle soek Jesus, die gekruisigde, hoor hulle die Engele sê. Hy is nie hier nie. Hy het opgestaan, en hy sal julle vooruitgaan na Galilea. Daar sal julle hom sien. Gaan – en vertel dit aan sy dissipels. En hulle het gegaan met groot vrees en groter vreugde.  Daarheen, na Galilea. Waar hy al tydens sy leeftyd alreedes hulle oë vir God se koninkryk  en sy koms geopen het. In alles, wat hy destyds aan hulle gesê het, was daar alreeds  ʼn voorskynsel van die aanbreek  van die hemelryk in hierdie wêreld, van die aanbreek van die ewigheid in hierdie tyd.

 

Destyds alreeds, toe hy  gepreek en geleer, wonders gedoen het en God se liefde aan die mense voorgeleef het, is die  beweging vir die lewe en teen die dood ingestel. Al dit wat so verlore geblyk het tydens die depressiewe ondervindinge van  die teenwoordige , dit is nou weer teenwoordig. Die hoop wat Jesus aan hulle gegee het. Die  entoesiasme,  wat hulle vervul het. Die oë wat vorentoe kyk. Ook dit  was destyds nie ʼn goedkoop  troos nie. Hulle het almal hulle verlede, hulle wonde gehad, maar Jesus het hulle in ʼn ander, ʼn hoopvolle lig geplaas. En so die sig  geopen, waar daar nie haat en geweld die oorhand sou behou nie. Waarin die mense in hulle verskeidenheid verenig sou wees, veelvoudig, geseën, kleurvol, soos ʼn reenboog, wat hemel en aarde verbind.

 

Alles is nou weer teenwoordig by die vrouens by die graf. Kom weer na vore. Ja so kom dit hulle gou voor, dat dit wat Jesus tydens sy leeftyd in die harte beweeg het en aan hoop gewek het, verdergaan op die Paassondag, ja, eintlik eers regtig voortgaan. Destyds alreeds, was dit tog die kern van sy preek, dat die werklikheid in alles wat voor die hand lê en skynbaar so eindeloos geldig maak, nie opgaan nie. Daar is nog die ander werklikheid, God se werklikheid, wat Jesus aan die lig gebring het, en hierdie lig van die ewigheid, dit  hou aan om verder te skyn, oor sy graf, oor sy dood. En dat hierdie ander werklikheid nie net slegs ʼn vertroosting is nie, maar dat dit ook ons werklikheid verander.

 

Maar hoe is dit vandag met ons, op hierdie Paasoggend van die jaar 2017, wat nou in besonder deurdrenk is van die groot vrae, hoe dit verder gaan in ons land. Kan ons dit ook hoor,  hierdie ongelooflike boodskap,  deur Jesus tydens sy leeftyd verkondig en na sy dood presies so lewendig en waar: Dat daar tewens nog ʼn ander werklikheid is, wat ook in ons van die dood bedreigde lewe, inbreek, die grense van ons lewe oopbreek en ten spyte van al die skrikwekkende  waarhede, met  nuwe sin vervul?  ʼn Boodskap van die lewe, wat ons versterk in die uitdagings van ons wêreld en ons land laat uitgaan. Wat ons, so klein en beskeie dit ookal mag wees, in beweging bring. Omdat Jesus, soos aan die vroue op hierdie oggend sê: Gaan, gaan uit in hierdie wêreld. Wees boodskappers van my liefde, wees boodskappers van versoening.

 

Ja, die dodelike gevare bly. Die leed van mense naby en ver tref ons tot in ons harte. En tog is daar die ondeurgronde en skaars begryplike hoop en lewensvertroue, wat hulle altyd weer sal deursit.  Naamlik:  dat dit goed sal word met ons en met ons wêreld, dat God dit goed bedoel met ons. Hierdie moed om te wees, al blyk die situasie sonder uitweg te wees. Dit is die waarheid, wat sedert daardie Paasoggend sonder uitsondering geld. Dit mag ons glo. Vol vrees, vol bewing, en met groot vreugde.


Amen.