2021-12-05 - 2. Advent - Bischof i.R. Dieter Lilje

(Jes. 63: 14b – 19, 64: 1 -3) - [ Deutsch ] - [ Abkündigungen463.67 KB ]


Liewe broers en susters!

Vandag het ons 'n baie besondere teks. 'n Baie bekende outestamentiese teoloog het dit die „geweldigste volksklaagpsalm“ genoem. Ek wil vandag probeer om te beskryf hoe die profeet Jesaja hierdie moeilike tye van die Volk Israel in 'n groot geskiedkundige sirkel beskryf: Hy begin met 'n loflied, daarop volg al die groot klagtes en dan sluit hy dir eer met 'n lofsang.

Teks:


So‘ het U u volk gelei, om vir U 'n heerlike Naam te maak. Kyk na die hemel neer en aanskou uit u heilige en heerlike woning! Waar is u ywer en u magtige dade? Die ontroering van u binneste en u barmhartighede het hulle jeens my ingehou. Want U is ons Vader! Want Abraham weet van ons nie, en Israel ken ons nie. U, o Here, is ons Vader; ons Verlosser is van ouds af u Naam. Here, waarom laat U ons verdwaal van u weё? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel! U heilige volk het dit vir 'n kort rukkie besit; ons teёstanders het u heiligdom vertrap. Ons het geword soos hulle oor wie U nie van ouds af geheers het nie, oor wie U Naam nie uitgeroep is nie. Ag, as U maar die hemele wou skeur, wou neerdaal, dat die berge voor u aangesig soos vuur die houtjies aan die brand steek, vuur die water laat opborrel – om u Naam aan u teёstanders bekend te maak, sodat nasies voor u aangesig kan bewe wanneer u U vreeslike dinge doen waar ons nie op gehoop het nie – as U maar wou neerdaal, sodat die berge wankel voor u aangesig!


Die profeet Jesaja begin en prys God en sê: So‘ het U u volk gelei, om vir U 'n heerlike Naam te maak. Hier verwys hy na die ervaringe, wat die Vaders van die volk in die verlede met God gemaak het. Hy herinner aan die groot dade van God soos bv. die storie met Moses en die bevryding uit die egiptiese slawerny asook die versorging gedurende hulle lang trek deur die woestyn. Daarop volg die klag teen hierdie God, aan wie hulle geglo het. Nou is hulle geloof aan die God, wat hulle voorvaders in die geskiedenis ervaar het, beswaard. Die volk beleef en erken hierdie God nie meer nie, omdat hulle land en hulle heiligdom, die tempel, verwoes is. Nou vra hulle of God se mag tot 'n einde gekom het? Daarop volg die klag en erkenning: Ja, die volk het van God se pad afgewyk, en hulle hart is verhard en het teen God gedraai. En nou het hulle alles verloor, dat self hulle vyande hulle verspot en vra: Waar is dan julle God nou? Nou volg die wanhopige vraag: Het ons ons laat bedrieg oor ons God? Wat van grootste belang is, is dat die profeet hom nie van hierdie God afwend nie. Nee, ten midde van hulle teleurstelling en versoeking wend hy hom aan sy God en vra God dat hy homself sal openbaar en dat God hom nie van hulle terugtrek nie, dat hy nie mag swyg nie, maar sal ingryp. Hy het 'n baie visuele en konkrete beeld van God se verskyning en vergelyk dit met 'n natuur katastrofe. En dan, aan die einde prys hy die uniekheid van God en belei in sy geloof, dat hy weet, dat God vir die sal intree, wat in hom vertrou - en daarmee kom hy weer terug na die begin van sy klagpsalm en sluit die sirkel.

En nou terug na ons. Jare terug was dit in ons kerk ook so, dat wanneer jy nagmaal toe wou gaan, moes jy jou voor die tyd by die dominee aanmeld – dit was ook 'n geleentheid om te bieg. So het, op 'n dag 'n vrou sonder haar man by die dominee opgedaag. Die dominee het toe haar naam opgeskryf en wou toe ook die naam van haar man opskryf, toe sê die vrou nee, haar man het mos nie saam gekom nie en hy sal ook nie saam nagmaal toe kom nie. Is hy nie wel nie, vra die dominee? Nee, dit gaan goed met hom, antwoord sy. Is dit weens Karen? Sy bevestig dit met die knik van haar kop, terwyl haar trane van haar wange afrol. Karen, hul 10 jarige dogter het paar dae gelede 'n ernstige motor-ongeluk gehad. Bewusteloos het sy in die hospitaal gelê. Sy het haar bewussyn nie weer herwin nie en het beswyk. Die smart van die ouers was baie groot. Hulle en baie andere het vir hierdie dogter gebid soos nooit tevore nie, maar God het geswyg en hierdie jong meisie laat sterf! Die pa kon dit nie hanteer nie – hy het sy rug op God gedraai. So is daar baie mense, wat hulle onttrekking van God met sulke swaar ervaringe regverdig – hulle beweer, dat God hulle in die steek gelaat het, teleurgestel het en dat God swyg. Hulle kan nie aan so 'n God glo nie. Vandag kom nog by baie mense die intelektuele twyfel by, mense wat die God van die Bybel en die natuurwetenskaplike beeld van die wêreld nie bymekaar kan hou nie. Baie mense glo vandag nie net dat God hom aan die wêreld onttrek het nie, maar dat hy afwesig is. Hulle is klaar met God en het hul rug teen hom gedraai.

Maar die profeet tree heeltemal anders op. Alhoewel hy en sy volk hul’self in donker en moeilike tye bevind, klou hy vas en laat sy vertroue op God nie vaar nie en keer sy rug nie op God nie. Hy herinner aan die dade van God in die verlede en skep daaruit nuwe hoop. Hy beskryf God as Vader en glo dat hulle met Hom kan praat. Hy beskryf God as Verlosser en glo dat God in die welbehae van sy volk belang stel.

Vanuit hierdie geloof vra die profeet God om 'n verskyning. Hy het met God gepraat en het op 'n antwoord van God gewag. Vandag kan ons as Christene reeds na hierdie verskyning, openbaring van God, terug kyk. God het in Jesus Christus verskyn, so het hy die hemele oopgeskeur, so het hy gekom en homself openbaar. Hy het egter heeltemal anders gekom as die profeet sy koms uitgebeeld het. God se openbaring was verborge en het nie deur groot natuurkatastrofes gebeur nie; God het nie met mag of geweldig gekom nie, maar swak en het na die verstote herders gegaan; hy het nie hoog te perd in Jerusalem ingetrek nie, maar op 'n esel en het aan die kruis soos 'n misdadiger gesterf. In Jesus het God verborge gekom. Die mense het God nie altyd in hom erken nie. Met sy koms is die donkerheid, leed en pyn in hierdie wêreld nie sommer weggevee nie. Nee, Jesus het dit self deurly – hy self moes hierdie duisternis en goddeloosheid deurly, sodat hy so by ons kan wees, waar ons ons in die donkerte bevind. So lewe ons Christene altyd in die skadu van sy kruis. In sy lyding aan die kruis het hy verskyn, is hy by ons.

Die profeet, anders as sy volk, het sy rug nie teen God gedraai nie. Alhoewel sy situasie die indruk geskep het, dat God homself onttrek het, dat God geswyg het, het Jesaja nie tou opgegooi nie. Hy het na God geskree. Dit herinner ons aan Jesus self. Hy het mos die haat van hierdie wêreld self ervaar, hy is verag, gevange geneem, verspot, hulle het op hom gespoeg, gemartel, hulle het hom ter dood veroordeel – aan sy kruis het hy die verlatenheid van God ervaar. Maar hy het sy rug nie op sy Vader gekeer nie, maar het hardop geroep: My God, my God, waarom het U my verlaat? Hy het homself in die arms van sy Vader gewerp, alhoewel hy sy teenwoordigheid juis in daardie oomblik nie ervaar het nie. Daardie goddelose donkerte moes Jesus self deurleef, sodat ons die situasie nooit weer hoef te ervaar nie – hy is self daar, waar ons donkerte ervaar.

Met ander woorde, dit gaan daaroor, dat ons ons ten midde van ons lyding of die donkerte wat ons ervaar, dit mag die gevolge van die Covid-Pandemie, ʼn teleurstelling of verwonding, sorge of leed, siekte of die dood wees, maar laat ons ons aan God se geskiedenis met ons herinner, aan God se koms in sy Seun Jesus Christus. Dit beteken om met Jesus teen God se skynbare afwesigheid en swye te baklei. God hoor wanneer ons met hom praat. Partykeer laat hy ons wag, partykeer moet ons ons hoogmoed of ons selfbetrokkenheid en ons verte van God eers erken, sodat ons boetvaardig word en na hom met ons hele hart terugkeer. Omdat die dinge so dikwels in die pad staan, kan ons God nie erken nie en nie ervaar nie. Dit is nou waarvoor ons die Adventseisoen het, sodat ons oor ons eie lewe besin en na God terugkeer en verwag, dat hy in ons lewe terugkeer en die hemele oopskeur. Amen

Ja, o Here, om is het dit donker geword. Maar U lig skyn vir ons deur U seun Jesus Christus. Help ons, om ons oë op u te rig, sodat dit ook in ons helder mag word. Gebruik ons, dat ons daartoe bydra, dat hierdie, U lig, deur ons ook vir andere mag skyn, dat ons sulke geleenthede soek, waar ons lig in die lyding van andere kan bring. En die vrede van God, wat ons verstand te bowe gaan, regeer en bewaar ons harte en sinne in Christus Jesus ons Here.


Amen


 

covid 19

Logo and link provide as required by Government Notice No. 417 of the
South African Department of Telecommunications and Postal Services