2021-07-04 - 5. Sondag na Trinitatis - Jugenddiakonin Angelina Ahrens

( Preek Saggeus ) [ Deutsch Predigt ] [ Afkondegings (Duits)324.18 KB ]


Liewe gemeente

Ek wil vandag ‘n paar gedagtes oor Saggeus en sy kennismaking met Jesus aan julle oordra.. Om dit te doen het ek na buite gegaan en onder ‘n boom gaan sit, net soos Saggeus destyds gedoen het. Ons kerkgronde is omring met taamlike hoё mure. Ek is nie baie groot nie en kan my indink hoe Saggeus destyds moes gevoel het. In teenstelling met hom, het ek ‘n belangrike rede om oor die mure te kyk. As ek wil, kan ek van hier ook my eie tuin sien, asook die tuin van my bure en kan ek waarskynlik nog die een of ander nuwigheid ontdek. 

Waarskynlik het julle ook alreeds eenmaal so ‘n situasie beleef, waartydens julle iets gehoor het, maar nie kon sien wat presies nou gebeur nie, omdat julle te klein was of nie die selfvertroue gehad het om enigsins te kyk nie. Of julle het julself met opset kleiner gemaak of weggesteek, omdat jy iets verkeerd gedoen het. Soos Saggeus in die boom weggekruip het. Hy het geweet dat wat hy gedoen het, nie reg was nie. 

Die goeie nuus is egter, dat Jesus hom nogtans gesien het en na hom toe gegaan het. So sien Jesus ook elk van ons, maak nie saak hoe klein ons miskien is of wat ons verkeerd gedoen het. Jesus gee ‘n tree in ons rigting. Want Hy ken ons, ons naam en ons lewe. Jesus roep ons op ons naam en Hy wil ons vriend wees, net soos Hy ‘n vriend van Saggeus word. En dit maak regtig nie saak nie waar ons nou in ons lewe is nie. Of dit met ons goed gaan en of ons deur moeilike tye gaan, of ons op vakansie of by die huis is. Hy wil daar wees, ons begelei, saam met ons aan die tafel sit en eet, soos Hy by Saggeus gemaak het. 

Nooi Jesus in julle lewe in, want Jesus wag daarop dat die deur vir Hom oopgemaak word en ons sê: Kom in, Jesus, en sit by ons aan tafel. Ons is bly dat U ons besoek het, oor U vriendskap. Want U is ‘n vriend, U ken ons en aanvaar ons presies soos ons is. Ons lewe kan net verryk word, as ons Jesus na ons uitnooi. 

Daar is natuurlik baie van ons wat al vir ‘n geruime tyd Jesus in ons lewe ingenooi het en weet , hoe dit is om saam met Jesus deur die lewe te gaan. Ons weet egter ook, dat as die daaglikse dinge ons aandag verg, ons nie altyd daarvan bewus is dat Jesus saam met ons aan die tafel sit nie. Nooi vanda gen in die komende weke Jesus bewus uit en dek vir Hom ‘n plek aan tafel, sodat ons Hom uitnooi om by ons te wees , met ons te eet sodat Hy tussen ons is. 

Amen


 

covid 19

Logo and link provide as required by Government Notice No. 417 of the
South African Department of Telecommunications and Postal Services