( Genesis 16: 7-16 ) - [ Deutsch | English ]
Genade en vrede van God onse Vader en onse Heer Jesus Christus, sy met ons almal. Amen.
Laat ons bid:
Die Wagwoord vir die jaar 2023 kom uit Genesis 16 vers 13: "U is ‘n God wat my sien."
Die van ons wat in Kwazulu-Natal geleef het, ken die groet van die Zoeloes: „Sawubona“. Direk vertaal beteken dit: "Ek sien jou." Dit is meer as net hoflikheid. Sawubona beteken dat die waarde en waardigheid van elke mens erken word.
Almal van ons het die behoefte om gesien te word - van ander erken en bevestig te word. As ander ons nie "sien" nie, is ons identiteitsgevoel verswak. Die betekenisvolste wat ons ooit vir iemand sou kon sê, is: "Ek sien jou." Dit is die fondament vir elke egte verhouding.
In ‘n kort artikel van Joshua Hook oor die behoefte gesien te word, vertel die outeur van ‘n waarneming wat hy tydens ‘n sportfunksie gemaaak het. Hy skryf:
"Iets wat my tydens die wedstryd opgeval het, was hoe opgewonde almal was toe hulle hulself op die groot skerm kon sien. ‘n Sekonde voor dit was hulle miskien nog verveeld en half aan die slaap, maar sodra hulle hulself op die skerm kon sien, het hulle almal opgespring, wild met hulle hande gewaai en mal gegaan.“
Hoekom is dit so lekker om op ‘n groot skerm gesien te word?
Almal van ons het die behoefte raakgesien te word. Ons will die kans hê, ons menslikheid uitdrukking te gee, en sonder ‘n skadu van twyfel te weet, dat ons belangrik genoeg is om van ander erken en gewaardeer te word. Dit is waarskynlik die rede hoekom die leuse vir hierdie jaar vir so baie mense van belang is. En tog weet ons ook, dat baie mense nie raakgesien word nie.
Ons Wagwoord vertel die storie van so ‘n mens. Ek lees Genesis 16, die verse 7 tot 16:
7Die Engel van die Here het vir Hagar ontmoet by 'n fontein in die woestyn, die fontein langs die pad na Sur toe,
8en vir haar gevra: “Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan en waar gaan jy heen?” Toe antwoord sy: “Ek loop van my eienares Sarai af weg,”
9en die Engel van die Here sê vir haar: “Gaan terug na jou eienares toe en onderwerp jou aan haar gesag.”
10Verder het die Engel van die Here vir haar gesê: “Ek sal jou nageslag so baie maak dat hulle te veel sal wees om te tel.”
11En toe sê die Engel van die Here ook nog vir haar: “Kyk, jy is swanger; jy sal 'n seun in die wêreld bring. Jy moet hom Ismael noem, want die Here het van jou swaarkry gehoor.
12Jou seun sal 'n man wees so ontembaar soos 'n wildedonkie: hy sal teen almal wees, en almal sal teen hom wees. Hy sal in vyandskap leef met sy bloedverwante.”
13Hagar het toe die Naam van die Here wat daar met haar gepraat het, aangeroep en gesê: “U is 'n God wat my sien, hier het ek Hom gesien wat my gesien het.”
14Daarom word die fontein genoem Lagai-Roï-fontein. Die fontein is tussen Kades en Bered.
15Hagar het vir Abram 'n seun in die wêreld gebring, en Abram het sy seun wat Hagar in die wêreld gebring het, Ismael genoem.
16Abram was ses en tagtig toe Hagar vir Ismael vir hom in die wêreld gebring het.
Ek dink dat baie van ons die geskiedenis van Abraham ken. Hy en sy vrou Sara is deel van heelwat Sondagskoolure en preke. Abraham en Sara word in vele gelowe "gesien". Hulle is deel van die fondamente van die Joodse-, Christen- en Islam-gelowe.
Ons ontmoet Abram en Sarai in die 12de hoofstuk van Genesis. Hier "sien" God Abram. Hy gebied hom sy familie en sy land te verlaat en na ‘n land te gaan, wat die Here hom sal wys. God belowe Abram baie dinge, een van die belangrikstes is, dat hy ‘n groot volk sal word, wat deur God geseën sal word en ‘n seën vir vele sal wees.
Abram is gehoorsaam aan God en verlaat sy land saam met sy vrou Sarai en sy neef Lot sowel as al sy dienaars en besittings. Hy vertrou op God en is gehoorsaam. Later belowe God weereens, dat hy ‘n seun sal hê wat hom sal opvolg.
‘n Wonderlike belofte. En tog is daar ‘n probleem. Sarai is oud en was nog nooit swanger nie; sonder so ‘n gebeurtenis is ‘n groot nasie nie moontlik nie. Sarai bied ‘n oplossing aan. As sy nie swanger kan word nie, dan moet Abram ‘n kind met Hagar, haar sklavin, kry. Op hierdie manier kan die belofte van God ietwat aangehelp word.
Die naam Hagar beteken "vlug" oder "vreemdeling". Vir baie mense staan haar naam vir die noodlot van uitlanders, sklawe und seksueel misbruikte vrouens. Sy is die sklavin van Sarai, die vrou van Abraham. Sy word aan Abram sommer "gegee". Niemand vra hierdie "vreemde, gevlugde vrou", wat sy wil hê nie. Sy is niks meer as ‘n objek, wat gebruik word, om ander se doele te bereik nie. Abram en Sarai het ‘n kind nodig, en Hagar is die objek, wat hulle gebruik om dit te bereik. Die Bybel sê dit duidelik. Sarai "gee" Abram Hagar, sodat sy gebruik kan word vir die doel wat hulle beplan het. (Genesis 16:3)
Hagar word swanger en behou vir ‘n kort tydjie ‘n tipe van waardigheid. Sy is nou die vrou, wat vir die vervulling van die belofte van God gebruik word. Die swangerskap veroorsaak egter konflikte tussen Sarai en Hagar. Sarai gaan na Abram, om daaroor te kla, en die antwoord wat hy gee, maak weereens duidelik, hoe hy Hagar sien "Jou sklavin is in jou hand," sê Abram. „Doen met haar, wat jy dink reg is." (Gen 16:6) Sarai doen, wat sy "reg dink", en Hagar vlug die woestyn in - die vreemdeling, weereens op vlug, ongesien en onwaardig vir die wêreld.
God is ‘n God, wat sien, en Hy sien Hagar.
In die woestyn stuur God sy boodskapper - sy Engel na Hagar. Hy noem haar op haar naam en gee haar haar waardigheid terug. Die vrou, wat haar lewe lank beheers en aanbeveel is, word deur die Engel gevra;“Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan en waar gaan jy heen?”
Hagar is die eerste vrou in die Bybel, wie God persoonlik deur Sy Bode aanspreek, en die eerste vrou, wat ‘n omvattende seënbelofte ontvang (Gen. 14, 10+11). Die geskiedenis van Hagar het nie ‘n mooi einde nie. Sy keer terug na Sarai en word later weer weggestuur. En tog ontmoet Hagar, die „verlatene“ of "vreemdeling", God en kom agter, dat Hy haar nie net sien nie, maar ook kontrole oor haar lewe en haar situatie behou. Dit veroorsaak dat sy haar geloof beken en God ‘n naam en ‘n beskrywing te gee: “U is 'n God wat my sien, hier het ek Hom gesien wat my gesien het.”
Hagar erken dat God haar sien en haar roep om hulp hoor. Sodat sy dit nooit sal vergeet nie, gee sy haar seun die naam Ismael, wat beteken: God hoor.
God is ‘n God, wat my en jou sien!
Baie jare later kom die Seun van God, Jesus, aarde toe. Hy leef onder ons en sien elke enkele een van ons. In die Johannesevangelium ontmoet Hy ‘n Samaritiese vrou by ‘n put, wie deur die Jode as onrein en onwaardig verag word, en sê vir haar: „4maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” (Johannes 4:14)
Die Seun van God word een van ons en sien ons, hoe ons werklik is. Hy sterf aan die kruis, sodat almal ervaar, dat God hul sien en lief het.
U is die God, wat my sien!
Ek sluit af met ‘n gedig van Londeka Zondi, wat 19 jaar oud was, toe hy dit geskryf het. Ek lees dit in die oorspronklike taal waarin dit geskryf is.
They say I’m poor,
They say I’m nothing.
They say I’m poor and they say I’m nothing because I’ve got nothing to offer to any living soul.
I’ve got no money, no food, no child, no wife nor husband and no home to go home to that is because I’ve got no money.
But I say I’m blessed.
I’m blessed because God told me so.
He loves me the same way he loves every life on earth. I’m blessed because I’m still alive.
I breathe the same air that rich men breathe,
I walk on the same ground that rich men walk . . . therefore I am no different.
I am rich with life.
I am rich with love.
I’m rich with hope that one day they will see the beauty that God treasured in me because I am something indeed.
Amen.
Die vrede van God, wat hoër is as alle verstand, bewaar julle harte en sinne in Christus Jesus. Amen.
