2021-03-14 - 4. Sondag in die Passietyd - Lätare - Pfarrerin Nicole Otte-Kempf

( Preek Johannes 12,20-24 ) [ Duitse Preek ] [ Aankondigings (Duits)368.89 KB ]


Lag, huil, hardloop, stil staan, praat of swyg . . . alles het sy tyd. Dit alles gebeur natuurlik. Ons dink nie daaroor na nie. 

Oor ander dinge besluit ons meer bewus en dan is die vraag automaties oor die regte tyd? En dit is nie so eenvoudig nie. Dit is ‘n lewensvraag wat ons self beantwoord. Baie dinge het ons nie onder beheer nie. Dan gebeur iets op die verkeerde tyd. Dit moet ons aanvaar. En selde vind ons ‘n antwoord op die vraag waarom iets só gebeur en nie anders nie. Ons wil graag sien, begryp, verstaan en dis nie net ons nie, baie voor ons ook. Hulle het baie gehoor, het vanaf die hele wêreld gekom en het die triomfantlike intog van Christus in Jerusalem beleef. 

“Almal volg hom”, het sy teenstanders wantrouig vasgestel. En ons, liewe gemeente, is in die middel van hierdie gebeure. 

Johannes 12: 20 – 24. 

Daar is ook Grieke wat saam met die hele wêreld die Paasfees bywoon om God ter aanbid. En hulle wil Jesus sien. Maar hulle kom nie na aan Hom nie. Hulle vra toe vir Filippus omdat hulle geweet het dat Filippus van Besaida kom en dus Grieks praat. Maar Filippus moes eers hulle versoek met Andreas bespreek. En dan sê hulle dit vir Jesus. 

In die tussentyd wag die Grieke nuuskierig oor wat gaan gebeur. 

Liewe gemeente, dit is soos dit met Jesus en my begin. Ek is geīnteresseerd om hom te ontmoet. In my binneste verlang ek na Hom om my te sien. So kan geloof ontstaan en groei. Die ontmoeting word moontlik, ook nuwe insigte en perspektiewe vir my eie lewe word moontlik. Vooraf weet niemand iets. 

Dikwels kom ‘n lig by my op wanneer ek stip kyk en my nie laat verlei en my nie verbeel dat ek alles vooraf weet nie. Wat Jesus aan die twee dissipels sê is nie wat hulle of ons verwag het nie. Omdat Jesus dikwels anders reageer as wat mense hoop. Hy is meestal ‘n tree vooruit. En soms verstaan mens hom moeilik. Daar is nooit maklike antwoorde op die vrae en besluite van die lewe nie al wil sommiges Jesus se woorde interpreteer soos dit hul pas. 

Ons weet nie of die Grieke Jesus uiteindelik gesien het nie, maar dis nie waaroor gaan dit nie. Trouens, daar was reeds meer as genoeg om gesien te word: Jesus het siekes genees, emosionele wonde genees, gepraat van Sy koninkryk met God se gesag, en die hoogtepunt wat plaasgevind het net voor die intog in Jerusalem toe Hy Lazarus uit die dode opgewek het. Die uur het aangebreek, sê Jesus. Dit lyk of Jesus presies weet wanneer dit die regte tyd vir Hom is. En dit is op hande. 

Kyk, luister. Almal van julle naby en vêr. Vir almal van ons hier is dit van toepassing. 

Amen Amen. Ek sê vir julle iets: nou sal gebeur wat vir julle betekenisvol sal wees wanneer MY uur gekom het, maar nog meer so wanneer JULLE uur gekom het, dat julle oё, ore en harte sal oopgaan en julle sal weet wie EK is en wie Ek vir julle is. 

As julle dit kan sien. 

Die Seun van die Vader word sigbaar in sy heerlikheid. 

Het die dissipels verstaan wat Jesus in daardie tyd vir hulle gesê het? Waarskynlik nie. Ons verstaan dit dalk eerder omdat ons weet dat Paasfees kom. Wanneer God homself openbaar aan Sy Seun en hom terugbring na sy koninkryk. Want Jesus is nie net mens nie, maar “Seun van die mens” wat uit die hemel na die aarde gekom het en steeds aan die hemel behoort. God verheerlik hom en verhef Hom na sy hoogte. Nie vir ‘n einde op sigself nie, maar vir Jesus om almal na Hom toe aan te trek wanneer Hy verhef word. Ons behoort aan God, met Hom en deur Hom. 

Maar voor dit gebeur, moet Jesus se pad eers deur die dieptes gaan. 

Die koringkorrel moet op die aarde val en vergaan, anders sal dit alleen agterbly. Maar wanneer dit doodgaan, dra dit baie vrugte. 

Met hierdie voorbeeld is alles duidelik: die dood is nie die vyand van die lewe nie, maar ‘n noodsaaklikheid. Sterf en groei hoort saam.. Jesus moet uit die grense van sy aardse bestaan uitgeneem word , sy lewenswandel moet opgegee word sodat Hy aan die sy van Sy Vader kan heers. Verheerlik. 

Hy weet dit. Maar nogtans. Om die wet van die koringkorrel te ken en die lydingsweg te deurleef, is twee verskillende sake. Jesus is mens, voel soos een en ken versoekinge soos ons dit ken. My siel is vol angs, sou hy ‘n bietjie later sê. In die Tuin van Getsémané vra hy God om hierdie beker by hom te laat verbygaan. 

Jesus weet hy is God se seun, geborge en tuis by Hom. En nogtans het hy sy oomblike van onsekerheid en angs. 

So gaan dit dikwels met my ook. Dit is deel van die lewe en daarom is God se weg in hierdie wêreld nie altyd vir my begryplik nie. 

‘n Koringkorrel vergaan. Net so kan die verder gaan en iets nuuts kan ontstaan. Dit is die verloop van die lewe maar dit bly altyd ‘n geheim 

Ons huidige Sondag heet Lätare! Wees bly! ‘n Klein Paasfees in die lydingstyd. Ons is nog in die middel van die lydingstyd en tog verwag ons Pase. Ons kan die Paasvreugde al aanvoel. 

Want die hoop op ‘n nuwe lewe is daar en met Paasfees voltooi. Die regte tyd is daar, is naby. 

Ons weet dat die dood van Jesus aan die kruis is nie die einde nie, maar die begin. Ons weet van die vrugte wat die sterwe en opstanding moontlik gemaak het. Ons kan dit sien in teenstelling met die mense van destyds. Kyk rond. Kyk na die persone op die kerkbank. Voor julle, agter julle, langs julle. 

Christene in die hele wêreld, naby en tog vêr. Onder die kruis versamel. As Jesus nie gesterf het nie, soos die koringkorrel wat op die aarde val en vergaan, het ons nie van Jesus geweet nie. Dan was ons nie hier nie en het geen kerkdiens gehad nie, geen gemeenskapslewe ervaar nie. Gemeenskap wat iets beteken. Juis nou in die onseker tye. Liefde wat gedy. Vrugte dra. Soos God die plante van sy skepping gemaak het met ontstaan, groei en doodgaan, so begelei Hy ook ons mense 

Niks wat ons doen, niks wat ons beleef kan gebeur sonder dat God dit nie reeds weet nie. 

Dit geld ook vir die keuses wat ons moet maak. Die dinge wat gebeur wat ons voel het op die verkeerde tyd gebeur. Dit is deel van die geheime van die lewe. Maar niks geskied sonder God se wil en wete. 

Dit maak nie saak waar ons is en wat gebeur nie. 

God is aan jou kant. 

Lätare! 


Amen