2022-03-06 - 1. Sondag van die Paastyd - Invokavit - Pfarrerin Nicole Otte-Kempf

( 2 Korintiers 6 vers 1-10) - [ Duits ] - [ Akündigungen365.58 KB ]


Baie mense dink aan die lydingstyd as ‘n vastyd, soos “sewe weke sonder”. Ek is hierdie jaar heen en weer rondgegooi. Eintlik het ek die laaste jaar taamlik baie verpas. Telkens weer. En ons almal het die laaste twee jaar baie dinge verpas as gevolg van al die korona reёls.

Verpas – dit het ‘n negatiewe bysmaak. Ek MAG iets nie. Ek MOET iets nie en dit staan in fokus. Watter voordeel dit vir my en ook vir andere het, kom glad nie ter sprake nie.

Verpas om weer later voordeel daaruit te trek. Verpas om myself bewuster met belangriker dinge te besig hou.

Toe die hele land twee jaar terug ingeperk is, het ons na tuiskantore en tuisskole omgeskakel – dit was ‘n moeilike aanpassing. Die dra van maskers en die hou van sosiale afstand was ook vreemd.

Maar die ander kant was daar ook:

Skielik was die paaie leeg en die beroepsverkeer weg. Die dag begin ontspanne , voor die skerm sit mens in ontspanne klere. Baie het ook gesonder gekook, ook as dit bydra tot meer kilo’s. Baie was ook ontslae van die spanning van vryetydsbesteding. Ook van die druk om die tyd na werk met Koronte oor sy geloofwaardigheid. te vul wat die lewe sinvol maak en om niks te verpas nie.

Deur die verpligte stillstand deur die koronatyd maar ook deur die persoonlike stilstand deur my siekte het ek gemerk hoe baie in my lewe net oppervlakkig is. Alles gaan wel aan. Altyd in beweging stop ons nooit om ‘n slag dieper te kyk.

Die tweede brief van Paulus aan die gemeente in Korinte, die persoonlikste brief van die apostel, laat mens ook diep nadink.

Lees die teks.

Albei die briewe aan die gemeente in Korinte handel oor konflikte. Die spanning word sigbaar , van die stigting van die gemeente met die entoesiatiese begin, dan die interne krisesse tot die irritasies en ten slotte ernstige spanning met die apostel. In die einde kom dit tot versoening.

Maar so vêr is Pauslus hier nog nie. In sy afwesigheid het daar ander apostels in die gemeente gekom wat sleg oor Paulus gepraat het. Skielik twyfel die Korinte oor sy geloofwaardigheid. Hulle kyk net na die uiterlike en merk dat Paulus nie so beīndrukkend is nie. Hy skryf goeie briwe, ja, dit kan wees. Maar sy persoonlike optrede is eintlik swak. Wil Christus regtig so ‘n apostel hê?

Maar Paulus gee die teenoorgestelde: in alles wat hy as swakheid sien bewys ons ons as dieners van God. Die Korinte wil tekens sien en bewyse hê. Die lewe in die geloof moet vir hulle ook glans en skitter hê. Vir Paulus is die gekruisigte Christus genoeg. Chrisus alleen gee vir hom krag. Sy sendingwerk is vir hom geestelik sowel as fisiese uitdaging.

Paulus het die dieptes van die lewe beleef. Maar terselfdertyd het sy lewe daardeur diepte gekry. Hy het ervaringe gehad waarvan baie nie weet nie. Intensiewe Godservaringe. Daarom skryf hy: Ek het baie eerlik met julle gepraat. Ek het vir julle gewys waarom ek so is, wie ek is. Ek het God soveel maal en in ernstige gevalle beleef, ek kan die oppervlakkige nie meer duld nie.

Die ervarings van Paulus is nie ons ervarings nie. Maar mens ontdek ook in jouself ‘n diepte wat mens eers stadig ontdek . Soms deur die aldag en aan die rand van die “burn out”. Wie raai dan ook watter moontlikheid in ons lê en waarvan ons niks weet nie? Mense vermoed dikwels dat daar eintlik meer moet wees maar hulle weet nie regtig wat dit moet wees nie. Miskien iets groots, wat dit die moeite werd maak om te leef. Maar deur oppervlakkige blink kom mens nie by grootheid uit nie.

Ek kan dit dit nie koop nie. Dit eerder los, om so te wen. Ook soms ‘n risiko neem en bereid wees om pynlike ervarings te beleef. Dan kyk ek ook dieper ...in myself in en na dit wat die wêreld bymekaar hou.

In ‘n wêreld wat liewer oppervlakkig bly, kan steeds minder mense met die diepte van die lewe omgaan. As daar dan ‘n krises kom, kan hulle dit net verklaar verklaar met samesweringsteoriё en dat iemand in die agtergrond toutjies trek.

In die wêreldbeeld van Paulus trek niemand in die agtergrond sy toujies nie. Vir hom is die wêreld deurtrek met die krag wat van die kruis uitgaan: die opstandingskrag! Want vir Jesus was die kruis nie die laaste , maar in die diepte van die dood kom die lewe van God na hom toe. Dit moet ook tydens ons moeilike tye gebeur. Juis dan is ons ervaringe moontlik, as daar konflikte is en ons swaar tye beleef.

In die Ukraīne is daar oneindige lyding. Maar, soos iemand in nuusberigte sê, so ‘n samehorigheid het ons nog nie onder mekaar gehad nie. Mense demonstreer oral op die strate en daar is gebede vir vrede. Daar gaan ‘n krag uit wat hopenlik die oorlog beёindig.

Die paastyd is juis nou ‘n passende tyd. Laat gaan om te behou. Voel swak maar ook sterk., aangewese op God om dan die ervaring te hê, die lewe kom.
Dit is nie berekenbaar nie en gebeur nie outomaties nie.

Dit is ‘n kans vir ons om so te lewe: om niks te hê en tog alles te hê. Dan merk ek dat alles wat ek het kom van God. Ek kry ‘n gevoel van vergiffenis. Van vrede. In my, wat uit my kan uitstraal en ook ander bereik. Daarop hoop ek en glo ek. Amen.