( Jona 3, 1-10 ) - [ Deutsch ] - [ Akündigungen359.11 KB ]
Jona die profeet het bevel van God gekry om na Nineve te gaan. In die plek van God moet hy daar preek om ‘n omkeer in Nineve te bewerkstellig aangesien die stad deur ondergang bedreig word. Jona het onmiddelik vertrek, maar in die teenoorgestelde rigting. Hy was nie van plan om in Nineve te preek nie.
Nineve is die hoofstad van die gevaarlike, vyandige Assiriё wat vir Israel sinoniem was met oorlog, geweld, vernietiging, boosheid, verbanning en slawerny. Die burgers van Nineve was die grootste vyande van Israel. Hulle het die bose ondersteun. Hulle ondergang was in die oē van Jona geregverdig. Hy vlug dus vêr weg van God se opdrag., oor die see. Hy klim op ‘n skip wat in die teenoorgestelde rigting vaar. Hierdie vlug word egter beēindig. ‘n Geweldige storm laat die skip byna vergaan en ‘n groot vis transporteer Jona tot in die nabyheid van Nineve, en gee hom weer vaste grond onder sy voete.
Hier begin die teks vir vandag se preek. Geen teregwysing deur God, geen verwyt. Dit taak gaan eenvoudig voort. Die opdrag is nog nie uitgevoer nie.
Maar God is onverbiddelik. As ons die boek van Jona as geheel lees, dan ervaar ons hoe kreatief en geduldig God teenoor sy volk moet wees.
Teks Jona 3 vers 1 – 10
Lees die teks
“Ons moet omdraai” – wie tydens ‘n bergklim-ekspedisie dit aan sy mede-stappers sê, bedoel dat ons verdwaal het. Hier kan dit nie verder nie. Of hy bedoel ons gaan dit nie maak nie, die weg is te swaar en onbegaanbaar. As iemand dit al beleef het, weet hy dat die omdraai met teleurstelling gepaard gaan. Dit kan egter ook wees dat iemand verligting ervaar.
Ook in die allesdaagse lewe kan ervaar word dat omdraai kan help en soms selfs noodwendig is. Voor ‘n besluit om om te draai is insig nodig - dat die beplande weg nie na die verlangde einde voer nie, dat dit te gevaarlik is en onheil bring. Naas omdraai as gevolg van insig is daar ook omkeer ter wille van versigtigheid en inagname.
Die nuwe weg wat ingeslaan word, het ‘n voordeel. Dit kan die weg na die lewe wees.
Omkeer na die lewe sal plaasvind wanneer ons die omgewingsdoelwitte kan nakom en hulle toepassing deur die omkeer nastrewe. “Omkeer na die lewe” is moontlik indien die insig posvat dat dit nie so kan aangaan nie, inagname en respek van die mense van verskillende etniese herkoms bring omkeer, dit is insig, versigtigheid, inagname van andere en insig. Daar is diegene wat dit verwerp en ander wat dit aanvaar as gevolg van beīnvloeding van buite.
Albei standpunte word in die boek van Jona aangeteken.
Die profeet wat sy rug op God se opdrag draai, wil God se opdrag dat die stad van Nineve ondergaan, ignoreer. Dog daardeur bring hy twee maal mense uit ander volke tot wending na die God van Israel. Toe Jona sê dat hulle hom van die skip in die see moes gooi, het die bemanning op die skip aan Jahwe, hulle God, gebid. Ook die inwoners van Nineve wat besef het dat hulle stad vernietig gaan word, het hulle bekeer.
Waaruit presies hulle boosheid bestaan het, vertel die geskiedenis nie. Jonas se preek was kort: Nog net veertig dae en Nineve word verwoes. Die getal 40 is in die Bybel die getal van verwagting en voorbereiding, van bieg en vas.
Mense benut dit as tyd vir nadenking en voorbereiding, om tot besinning te kom. Ook in die Jona verhaal gebruil die bewoners van Nineve die periode van 40 dae met sukses. ‘n Regte preek tot omkeer is daar nie, daar is geen vermanende woorde van die profeet nie, geen verklaring, geen voorstelle om hulp nie, nee, slegs die woorde
“Nog net veertig dae en Nineve word verwoes”.
Maar dan gebeur die ongelooflike. God sien die houding en verandering en is diep geroer daardeur. Die bedreigende ondergang word gekeer. Toe Jona die boodskap aan hulle gegee het, het hulle dadelik opgetree. Hulle het insig gehad en het hulleself verander en het redding ervaar.
Die verteller van die Jona verhaal wys aan sy lesers: Niks hoef te bly soos dit is nie. Elkeen kan homself verander. Die eie lewensverhaal hoef nie in ‘n katastrofe te eindig nie. Redding is moontlik. Wie op God vertrou en hom roep, kan gered word. Die mense van Nineve het geskrik toe hulle Jona se boodskap hoor. Almal het reageer, volwassenes en kinders, die koning en sy onderdane, mense en diere het gevas en berou. Die koning het gehoop dat die gebede en berou God van plan sou laat verander
“…..en die mense moet ernstig tot God roep en hulle van hulle verkeerde dade bekeer en berou hê oor die geweld wat hulle gepleeg het. Miskien sal God van plan verander en nie meer kwaad wees nie. Dan sal ons nie omkom nie”.
Die inwoners Nineve het tot bekering gekom en hulle tot God gewend. Hulle het hom aanbid en was bereid om hulle lewens te verander.
Die interessante van die geskiedenis is dat hulle God self kon beweeg. Omdat die inwoners van Nineve hulleself verander, het God ook verander. Die stad is nie vernietig nie. Mens en dier het ‘n toekoms.
Die Godbeeld van die skrywer van die Jona boek is interessant en bemoedigend. Omdat die inwoners van Nineve husseself verander het, het God homself ook verander. God se liefde is groter as sy woede. God laat sy goedheid oor sy woede seevier.
God is genadig, barmhartig en lankmoedig. Hy is ryk aan goedheid en Hom berou die onheil. Hy verander homself en ontferm hom oor die mense en diere.
Of Jona hom daarna aan die genadige God wend, bly ongesê. Lees die kort boek van Jona self.
Dit leer ons: vertrou jouself om om te draai. God is barmhartig en wi dat jy leef, saam met al die mense en diere om jou.